top of page

OOR ONS

Ons Geskiedenis

Op 22 Oktober 1921 gee die Skoolraad van Transvaal goedkeuring dat daar ‘n Afrikaanse medium skool in die lewe geroep kan word. Die skool word gestig in die Witdeep ontspanningsaal. Die eerste hoof is C.A. du Plessis Marais en die skool se naam word geproklameer as Driefontein Afrikaans Medium Skool.

 

Op 23 Februarie 1928 word die skool se naam na Witfield Afrikaans Medium skool verander. Van daar ontwikkel Laerskool Witfield en gaan van krag tot krag. Op 18 Februarie 1974 sing Witfield kinders die eerste keer sy eie skoollied.

 

Laerskool Witfield is en bly ‘n steunpilaar in die gemeenskap sedert sy totstandkoming in die 1970’s tot tans. Laerskool Witfield is bekend vir sy operettes wat al vanaf 1923 een van die belangrike gebeure is op die skool se jaarkalender. Die revues wat dit later jare opgevolg het spreek ook van hoogstaande gehalte.

 

Sedert sy ontstaan is Laerskool Witfield bekend vir sy puik prestasies op kultuur sowel as sportgebied. Die hoë akademiese standaarde wat Laerskool Witfield ook voor bekend is, is nog steeds ononderhandelbaar soos sedert 1921. Soos ons leuse sê: Hier is ons “Werksaam”.

Missie en Visie

Visie

Toekomsgerigte opvoeding vir al ons leerders.

 

Missie

Om elke leerder tot sy volle potensiaal te ontwikkel gegrond op Christelike normes en waardes in diepe afhanklikheid van God. Ons verbind ons tot etiese normes en waardes van trotse samelewing tot verryking van almal betrokke by ons skool.

bottom of page