top of page

Sport

 

 

By Laerskool Witfield glo ons dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves. Gebasseer op huidige navorsing speel deelname aan sport ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van ‘n kind se emosionele, akademiese en fisiese ontwikkeling. Dit is ook op die sportveld waar kinders lewenslange vriende maak.

 

Met ons agt sportsoorte binne skool verband en verskeie buite skool verband is daar vir al die leerders ‘n kans om te groei en ontwikkel tot hul volle potensiaal.

 

Laerskool Witfield se afrigters woon ook gereeld afrigtings kursusse by om te verseker dat ons te alle tye die beste moontlike tegnieke aan ons leerders oordra. Ons beskik ook verder oor alle nodige toerusting om u kind te ondersteun om ‘n toekomstige sportleier te word.

bottom of page