top of page

Pre Primer

Inhoud

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KLASINDELING

Gr 00 klas vir 5 Jariges

Die klas bestaan uit kleuters wat 5 jaar oud is. Die kleuters se ontwikkeling is gerig op sosialisering en ontdekking. Hulle volg 'n bepaalde tema met baie aandag aan perseptuele- en groot motoriese vaardighede. Die kleuters doen alles op 'n spelende manier.

 

Gr R klas vir 6 Jariges

Die klasse bestaan uit kleuters wat 6 jaar oud is en volg 'n meer formele program soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys.         In hierdie jaar word hulle voorberei vir Graad 1 en moet vaardighede volgens die kleuters se ouderdom bemeester word.

 

Werksboeke

Voorgeskrewe werk word in werksboeke gedoen. Ekstra werk word in hul kunssakke gestoor. 

Ons volg die Departement van Onderwys se voorgeskrewe kurrikulum. (CAPS)

 

Prê-primêre personeel

Gr R.1       -        Me. B. Nel          (Afdelingshoof)

Gr R.2       -        Me. A. Smit

Gr R.E       -        Me. S. Rodgers

Gr 00         -       Me. B. Olivier

 

Skryfbehoeftes

Skryfbehoefte pakkette is by die snoepie beskikbaar. Bestellings kan by die snoepie geplaas word. Pryse beskikbaar by u kind se onderwyseres. Merk ALLE skryfbehoeftes en stuur terug skool toe. Skryfbehoeftes moet asseblief van tyd tot tyd aangevul word soos nodig.

 

Vrywaringsvorms

U moet asseblief die vrywaringsvorm invul en dadelik terugstuur na u kind se klasonderwyseres. U kleuter sal op GEEN uitstappie toegelaat     word sonder die getekende vorms nie. Laat  weet asseblief die juffrou en die kantoor van enige persoonlike inligting of kontaknommers wat   verander.

 

Boodskapboekie

Alle briewe en ander inligting vanaf die skool of onderwyseres sal in u kind se boodskapboekie geplak word. U kan ook in die boodskapboekie briewe vir u kind se onderwyseres stuur.

Dit is BAIE BELANGRIK dat u elke brief LEES en TEKEN en dat die boodskapboek ELKE dag in u kind se tas is. Dit is die beste manier van kommunikasie tussen u en die skool.

 

Telefoonnommers

Voor in die boekie verskyn u kleuter se klasonderwyseres se telefoonnommer. Skakel haar gerus met enige probleme of onduidelikheid, net 'n lekker geselsie is ook welkom. Onthou asseblief net dat hulle ook gesinne het en dat 10 uur saans dalk nie die beste tyd is om te bel nie.

 

Oueraand

Daar is jaarliks 'n oueraand saam met die hoof en die personeel in die skoolsaal. Die datum sal in die nuwe skooljaar aan u deurgegee word. Die hoof wil graag met al ons ouers gesels oor die planne vir die jaar. U sal ook die geleentheid kry om vrae te vra aan hom en die personeel. U teenwoordigheid is belangrik.

 

In- en Uitstappies

Daar word verskeie in- en uitstappies gedurende die jaar gehou. U sal vroegtydig in kennis gestel word van die koste van so 'n uitstappie, sodat u daarvoor kan begroot. 

 

Indien u enige probleem het met betaling, kom sien gerus die personeel. ALLE uitstappie gelde word asseblief in KONTANT by u kind se klasonderwyseres inbetaal. GEEN elektronies betalings nie.

 

U kind sal nie toegelaat word op enige uitstappie as die vrywaringsvorm nie by die onderwyseres ingehandig is nie. Slegs busse met padwaardigheidsertifikate word deur die skool gebruik.

 

U kind se veiligheid is vir ons baie belangrik!

 

KLEREDRAG VIR PRE-PRIMERE AFDELING

Skoolhempies

Daar is ‘n stel van 6 skoolhempies te koop by me. Nel. 5 Weeksdae T-hempies is vir elke dag van Maandag tot Vrydag. 'n Donkerblou      broekie word by die hempies gedra. Kom kyk gerus na broekies wat bestel kan word. Hierdie hempies is ons skooldrag en is verpligtend.

 

Uitstappie T-hemp

Hierdie is die sesde hempie in die stel. Dit is 'n oranje hempie met 'n groot by voorop. 'n Denimbroek, kouse en skoene of tekkies word daarmee saam gedra met elke uitstappie. Die uitstappiehempies word net gedurende in- en uitstappies gedra en met ons konsert en        gradeplegtigheid.

 

Skoolsweetpakke

Skoolsweetpakke is verpligtend vir ons bytjies. Die prys is by die onderwyseresse beskikbaar.

 

Kospakkies

U kind se kosblik moet asseblief kos bevat soos 'n toebroodjie in kwarte gesny. Toebroodjies kan daagliks by die snoepie bestel word. Een lekkerny daagliks is aanvaarbaar maar beslis nie ‘n kosblik vol koekies en lekkers nie. U kan 'n vrug en een lekkertjie of ‘n klein pakkie skyfies inpak. Vrugte (bv. lemoene) wat afgeskil moet word, moet asseblief by die huis geskil word.

Geen gaskoeldrank nie asseblief! Pak sap, aanmaak koeldrank of water vir u kind in.

 

ONTHOU te veel suiker is nie goed vir kinders nie.

 

Leiers

Elke klas het 'n graad 7 leier wat voor skool met die kleuters help. Indien nodig kan u haar vertrou met 'n boodskap of uitstappie geld. Alle   skoolfonds word SLEGS by die kantoor inbetaal asseblief.

 

Skooltye

Die skool begin om 07:35. 

Ons personeel sluit om 07:15 hul klasse oop. 

Gedurende die eerste skoolweek (Woensdag tot Vrydag) in JANUARIE kom die kleuters elke dag om 12:00 uit. 

Daarna kom die kleuters daagliks om 13:00 uit. 

Daar is een wagklas tot 13:40 elke dag waar kleuters kan wag tot die res van die skool verdaag.

Graad R en 00 klasse is gesluit gedurende skoolvakansies en openbare of skool vakansiedae.

 

Ons atletiekdag vind aan die einde van die jaar saam met die res van die skool plaas.

 

Rapporte

Kleuters sal deur die jaar geassesseer word.

Verslae word elke kwartaal uitgegee.

Daar is gewoonlik ‘n oueraand op die selfde dag wat die rapporte uitgedeel word.

 

Personeel opleiding

Personeel doen voortdurend kursusse om op datum te bly met departementele vereistes. Sou u kind se onderwyseres dit moet bywoon, sal u in kennis gestel word daarvan, daar word altyd ‘n aflos persoon gereël.

 

Snoepie

Op Vrydae kan u R8 stuur vir ‘n snoepie pakkie vir u kind. Die snoepie maak pakkies ter waarde van R8 op, as u kind allergies is, kan u self u kind se pakkie voorsien. Kos kan elke dag bestel word maar snoepie NET op Vrydae asseblief. U kan snoepiegeld by die onderwyseres    vooruit betaal per maand indien u verkies.

 

Verjaarsdae

SLEGS kolwyntjies (cupcakes) of lekkergoedpakkies asseblief.

Geen groot koeke nie!

 

Speelgoed

Geen eie speelgoed skool toe nie asseblief. Kinders verloor dit of die speelgoed breek en die personeel gaan nie verantwoordelik wees vir u kind se speelgoed nie.

 

Skenkings van OU SPEELGOED is altyd welkom en kan by die klasonderwyseres ingegee word.

 

Medisyne

Gee u kleuter se medisyne by die huis in die oggende. As dit gedurende skooltyd gegee moet word, oorhandig dit aan die onderwyseres, moet dit nie in u kind se tas pak nie asseblief.

 

Siek kinders

Hou siek kinders by die huis asseblief. Ons het nie fasiliteite vir siek  kinders nie, ons gaan u net skakel om u kind te kom haal.

In die geval van kindersiektes (masels, waterpokkies ens.) mag u kind eers skool toe kom as hy/sy heeltemal gesond is. Kopluise kom ongelukkig voor by alle skole. Kyk gereeld daarvoor en behandel u kind se hare indien nodig. Kinders mag nie by die skool wees met luise of nete in hul hare nie. Dit is onderwyswette wat ons moet volg.

 

Skoolgelde

U kind se skoolfonds is aan die begin van elke maand betaalbaar, voor die 3de van elke maand. U kan internet betalings , bank depositos of kontant betalings doen. Alle kontant skoolfonds moet by die kantoor inbetaal word, NIE by die personeel nie, hulle kan nie vir u ‘n kwitansie uitreik nie en moet die klas alleen los om u geld kantoor toe te bring. 

Uitstappies en ander aktiwiteite se geld moet in kontant by die klasonderwyseres inbetaal word. Die uitstappie word betaal met u geld, dus is kontant die beste asseblief.

 

Netheid

Almal se hare moet skoon en netjies wees. Lang hare vasgemaak asseblief. Dogters moet kort broekies of denims dra as hulle wil klimraam klim asseblief.

 

Werkersdag vir ouers

Ouers sal in kennis gestel word van ons ouers se werkersdag. Ons wil graag almal vra om ons te kom help met klein werkies een Saterdag per termyn indien nodig. Elke ouer se hulp en teenwoordigheid word waardeer.

 

Buitemuurse aktiwiteite

Valkie - Rugby                                           Skool

Psigometris en berader                          Skool

(Donderdae en Vrydae)

Hierdie word deur die skool aangebied.

 

Karate                                                        Privaat

Monkeynastix                                           Privaat

Voortrekkers                                             Privaat

Rekenaarklasse                                        Privaat

Ontwikkelingsrugby                                 Privaat

 

Arbeidsterapeut                                       Privaat                Neline Bekker               084 446 0899

 

Spraakterapeut                                        Privaat                Nadia Erasmus              084 607 4983

 

Alle fooie is direk aan die privaat verskaffers betaalbaar, NIE aan      die skool nie.

 

Fondsinsamelingsprojekte

Ons hou 2 keer elke jaar ‘n koekverkoping.

Ons het 1 groot jaarlikse fondsinsameling.

 

Fotodag

Skoolfoto's word elke jaar geneem deur 'n professionele fotograaf.

Gradeplegtigheidfotos en klasfotos word aan die einde van die derde kwartaal geneem.

 

Kunswedstryd en Redenaars

Ons neem elke jaar deel aan die kunswedstryd wat deur die Kunswedstrydvereniging aangebied word.

Redenaars vind by die skool plaas. Alle deelname is vrywillig.

 

Bak en Brou

Ons hou Bak-en-Broudag met elke klas tema.

 

Naskoolsentrum

Daar is ‘n naskoolsentrum op die terrein, beskikbaar SLEGS vir Laerskool Witfield se leerders.

Die naskool is oop weeksdae vanaf 13:00 tot 17:30. Die naskool is GESLUIT op naweke en vakansie dae.                      

Gedurende VAKANSIES is die sentrum oop vanaf 07:00 tot 17:30 weeksdae.

Die naskool maak jaarliks oop as die skool begin in Januarie en sluit vir die jaar in Desember as die skool sluit. Ongelukkig is daar GEEN           naskool beskikbaar in die Desember vakansie nie, maar u betaal ook nie vir Desember nie.                  

Ons is wel oop gedurende die ander 3 vakansies.

 

Alle fooistrukture is beskikbaar by die kantoor en alle gelde word inbetaal by die kantoor.

 

 

Klas Inleiding
Werksboeke
Naskool Sentrum
Personeel
Anchor 28
Anchor 29
Anchor 30
Anchor 31
Anchor 32
Anchor 33
Anchor 34
Anchor 35
Anchor 36
Anchor 37
Anchor 38
Anchor 39
Anchor 40
Anchor 41
Anchor 42
Anchor 43
Anchor 44
Anchor 45
Anchor 46
Anchor 47
Anchor 48
Skryf behoeftes
Telefoon no
Boodskapboekie
Vrywaring
bottom of page