top of page

Algemene Inligting vir Graad 1 tot 7

 

Tyd om SKOOLDRAG te koop

 

 

 

VERSKAFFERS en SKOOLDRAG

SCHOOL AND LEISURE, SHOP 12, K90 CENTRE, BOKSBURG (+27 11 823 4055)

THE PEEPHOLE, MARK STRAAT, BOKSBURG.  (+27 11 892 4060)

 

DOGTERS Somersdrag

Skoolrok - Geruite kortmourok

Kort blou skoolkouse

Donkerblou skooltrui - indien dit koud is

Lang swart kouse

Swart skoolskoene

 

Seuns Somersdrag

Grys kortbroek         

Blou kortmouhemp met skoolwapen

Kuitlengte skoolkouse

Swart skoolskoene

Donkerblou skooltrui - indien dit koud is

 

Dogters Wintersdrag

Donkerblou skooltrui

Grys langbroek

Blou langmouhemp

Skooldas

Donkerblou Drimac of skoolbaadjie

Skoolsweetpak

 

Seuns Wintersdrag

Grys langbroek

Blou langmouhemp

Kuitlengte skoolkouse

Swart skoolskoene

Donkerblou skooltrui

Skooldas

Donkerblou Drimac of skoolbaadjie

Skoolsweetpak

 

 

om te WEET van ... ...

SPEELGRONDE

Gr.00 - Gr.R speel op die Juniorspeelgrond voor hulle klasse.

Gr.1 - Gr.2 speel op die netbalbane.

Gr.3 seuns speel op die rugbyveld en Gr.3 dogters speel agter die pawiljoen.

Geen leerder mag sonder toesig van ‘n onderwyseres op die klim-en-klouterapparaat speel nie.

Geen leerder mag met skoene op die apparaat speel nie.

Geen gevaarlike apparaat mag skool toe gebring word nie, bv. sakmesse.

Geen leerder mag met ‘n bal tussen die klasse speel nie.

Geen leerder mag speelgoed skool toe bring nie.

Die leerder wat pouse ‘n probleem ondervind, moet by die onderwyser of die leiers aan diens rapporteer.

 

STOEPE

Geen leerder mag op die stoepe speel of hardloop nie.

 

TOILETTE

Geen leerder mag kos in die toilette inneem nie.

Die krane moet toegedraai word.

Geen leerder mag in die toilette speel nie.

Leerders moet die toilette altyd netjies hou.

 

WAT ‘N ONDERWYSER VAN U VERWAG

Beklemtoon altyd die positiewe, selfs al het u kind net een letter mooi geskryf.

Hou die kommunikasiekanale oop. Die juffrou verwelkom dit.

Lig die juffrou in oor u kind se emosionele toestand.

Aanvaar u kind soos hy of sy is.

Laai u kind daagliks betyds af, dis sleg om altyd laat te wees.

Gee ‘n opdrag net een keer - leer u kind om te luister.

Wees konsekwent.  Jou ja moet jou ja wees.

Die kind moet weet dat sy ouers sy nuwe omstandighede soos sy skool, sy maats en sy juffrou goedkeur en aanvaar.

Wees altyd bewus daarvan dat ‘n ongelukkige kind ‘n ongelukkige juffrou tot gevolg het.

 

Indien u as ouer positief ingestel is teenoor die skool, stem dit u kind ook positief in teenoor die skool en dit is ‘n eienskap wat hulle vir die res van hul skoolloopbaan tot voordeel sal strek. Indien u graag wil weet wat hulle daagliks by die skool doen, werk dit beter om vir hulle spesifieke vragies te vra, byvoorbeeld: “Het julle vandag ingekleur?” of “Wat het jy vandag gespeel by die skool?”

 

Dissiplineer asseblief u kind anders aanvaar hy of sy ook nie die onderwyser se dissipline nie - ongelukkig lei dit tot swak skolastiese vordering.

 

Belangrik

 

BETALING VAN SKOOLFONDS OF NASKOOL

Wat?         :    Die presiese kontantbedrag SLEGS by die kantoor of d.m.v. internet.

Waar?       :     Kontant slegs by die kantoor weeksdae tussen 07:20 en 13:30.

Hoeveel?  :    Die bedrag word jaarliks hersien. Kyk op u rekening elke maand.

LW:  - Gebruik u rekeningnommer (familiekode) op u betaling of u oudste kind in hierdie skool se naam en van as verwysing op EFT’s.

Faks (of epos) asseblief ook u bewys van internetbetaling of bankdeposito aan die skool by faks: 086 571 9460

SKOOLFONDS IS ‘N VERPLIGTE BYDRAE.

U sal aan die begin van die jaar ‘n staat ontvang waarop aangedui word wat u verpligte bydrae beloop. Skoolfonds en naskool gelde is VOORUITBETAALBAAR. Dit moet maandeliks voor die 7de betaal word. Januarie se gelde sodra die skool begin.

 

ANDER GELDE 

Dit is baie belangrik om te onthou wanneer u geld na die klasonderwyser stuur vir bv. uitstappies of foto’s ensovoorts dat

dit moeilik is as u groot bedrae stuur en dan kleingeld moet kry. Personeel hou nie geld in hul klasse nie. Stuur asb. die presiese bedrag betaalbaar.

Alle geld wat skool toe gaan moet in ‘n koevert geplaas word. Skryf u kind se naam en van  bo-op die koevert asook waarvoor die geld is.  

 

KOSBLIKKE

U kind moet asseblief elke dag gesonde eetgoed skool toe bring bv. broodjie, vrug en sap – beperk asseblief lekkergoed. U kind kan nie werk as hy of sy honger is nie, maar ook nie as te veel suiker ingeneem is nie.

 

SNOEPIEGELD

Plaas snoepiegeld in ‘n veilige houer of beursie.

 

PADVEILIGHEID

In die oggend en middag funksioneer ‘n padpatrolliediens.

Gr.00 tot Gr.2-ouers moet asseblief leerders binne-in die skoolterrein direk na klas afhaal, anders kan kinders in die wagklasse bly en daar afgehaal word. (Nie later as 13:40 nie).

 

OUERAANDE

U sal vroegtydig per brief en deur die Witfieldflitse ingelig word. Dit is belangrik vir elke ouer om dit by te woon. Sommige oueraande is nie vir almal nie, maar slegs op uitnodiging.

Kwartaal 1: Assesseringsverslae (rapporte) moet deur ouers by die oueraande afgehaal word - kinders ontvang nie die verslae nie.

Kwartaal 2 & 3: Leerders ontvang  Assesseringsverslae - ouers wat spesiale uitnodigings ontvang, moet Assesseringsverslae by die oueraand afhaal.

 

OMSENDBRIEWE

Elke gesin ontvang elke Donderdag die Witfieldflitse wat deeglik gelees moet word, sodat u op hoogte kan bly met gebeure wat plaasvind by die skool. Teken erkenning van ontvangs van Witfieldflitse agter in u kind se dagboek.  (Gr. 1 – 3).

Alle afskeurstrokies van briewe moet weer die volgende dag aan die skool terugbesorg word vir kontrole.

 

INSKRYWINGSVORMS

Inskrywingsvorms kan hier of by die kantoor afgehaal word.

ONTHOU OM AFSKRIFTE VAN U KIND SE IDENTITEITSDOKUMENT EN KLINIEKKAART SAAM MET DIE INSKRYWINGSVORM IN TE HANDIG.

 

SKOOLVERLATING

‘n Oorplaaskaart moet skriftelik deur die ouer aangevra word. Alle skoolfonds moet ten volle betaal wees en alle skooleiendom bv. handboeke, media-boeke, sportdrag ens. moet ingehandig word.

 

PARTYTJIES (Verjaarsdag)

Vind uit by die onderwyser hoeveel leerders daar in die klas is

Individuele items is verkieslik (Geen groot koeke nie asseblief)

 

AFWESIGHEDE

Afwesigheidsbriewe word in u kind se dagboek geskryf.

Indien ‘n leerder gedurende skoolure afgehaal word, moet die skool skriftelik in kennis gestel word. Ouers moet by die KANTOOR aanmeld vanwaar die betrokke kind geroep sal word.

Dit is belangrik om getroue skoolbesoek te beklemtoon vir goeie vordering, maar moet asseblief nie ‘n ooglopende siek kind skool toe stuur nie.

 

WAGKLASSE

Die kinders in Gr. 00 & Gr. R wag in hulle eie juffrou se klas tot 13:40. 

Gr. 1 - 3 leerders ontvang ‘n wagklasrooster wat aandui by watter klas hulle moet wag tot 13:40.

 

HUISWERK

Leerders se huiswerk word glad nie in berekening geneem vir enige rapporte nie.

Huiswerk kweek goeie gewoontes en ‘n verantwoordelikheidsin by kinders - ondersteun hulle hiermee asseblief.

Leerders ontvang daagliks of weekliks ‘n afgerolde huiswerkrooster.  Huiswerk is gebaseer op vaardighede wat in die klas bemeester is.

Huiswerk hou u as ouers op hoogte van die werk wat in die klas gedoen word.

Huiswerk moet asseblief geen stres in die huis of by die kind veroorsaak nie.

Wees asseblief waarderend teenoor u kind se pogings.

‘n Graad 1-leerder wil graag net een onderwyser in sy lewe hê en dit is die een by die skool - ouers moet asseblief nie ‘n hulp-onderwyser wees nie.

Indien u kind addisionele hulp benodig sal die onderwyser u persoonlik inlig.

 

VERANDERING VAN ADRES ENS

Dit is baie belangrik dat die skool skriftelik in kennis gestel word van enige verandering, bv. adres, telefoonnommers, huwelikstatus ens.

 

BESOEKE AAN HOOF EN PERSONEEL

U is baie welkom om die hoof te sien, maar afsprake moet vooraf gemaak word by die sekretaresse ten einde teleurstelling te voorkom.

Afsprake met personeel moet voor of na skool plaasvind – nie gedurende skoolure nie.

     

HAARSTYLE

Dogters

       Kort en netjies of lank en vasgemaak.

       Haarbande en rekkies (in skoolkleure) is by die skoolklere verskaffers beskikbaar.

      

Seuns

       Kort en netjies. Geen ‘mohawks’ ens.

       Geen ‘Gel’ ens.

 

SKOOLURE

Die skool begin stiptelik om 07:40 en sluit om 13:40

Gr. 00 en R sluit 13:00 (wagklas tot 13:40)

Gr. 1 en 2 sluit 13:00 (wagklas tot 13:40)

Gr. 3 sluit 13:25 (wagklas tot 13:40)

Gr. 4 tot 7 sluit 13:40

 

tyd om SKOOLBENODIGDHEDE te koop

 

GR.00 & GR.R

Pakkette is beskikbaar by die snoepie. Bestellings kan geplaas word by Mev Annetjie Smit op 082 922 7889. Prys op aanvraag. Skooltas is NIE ingesluit in die pakket nie.

MERK ASSEBLIEF ALLE BESITTINGS! 

 

GR.1

‘n Tas of drasak waarin ‘n A4-papier pas. (Verkieslik sonder afskortings - vir kind se skoene, trui, Dri-Mac kosblik ens.)

Pakkette is beskikbaar by die snoepie. Bestellings kan geplaas word by Mev Annetjie Smit op 082 922 7889. Prys op aanvraag. Skooltas is NIE ingesluit in die pakket nie.

 

R30 vir plastiek oortreksels vir skrifte (betaalbaar by klasonderwyseres)

1    Stoelsakkie

1    Denim of materiaal potloodsakkie met rits (GEEN ‘SPACE CASE’ NIE)

1    Pakkie Mon-Ami uitdraai vetkryt (12 kleure)

1    Swart- of Witbord (290mmx205mm)

      Wit bordkryt vir die swartbord of swart viltpen vir die witbord

1     Inkleurboek

1    Telraam (1-100)

1    Pak kleurpotlode - lank (12 kleure)

2    HB grys potlode per kwartaal (8 vir jaar)

1    Metaal skerpmaker (nie plastiek)

1    Uitveer

1    Metaal stomppuntskêrtjie (met metaal of plastiek handvatsel)

9    Plastiek voorleggingsleêrs - A4 grootte

1    Pakkie speelklei in ‘n plastiekhouer

2    Stafies Pritt per kwartaal

1    Riem wit papier (500)

1    Springtou

1    Boontjiesakkie

1    Bal

1    30cm Liniaal

1    A4 – 72 bladsy Waterlyne skrif

1    pakkie Staedler inkleurpotlode (12)

      Bogenoemde artikels kan by enige of soortgelyke winkel gekoop word.

 

LW:    U MOET ASSEBLIEF ELKE KWARTAAL SEKER MAAK DAT BOGENOEMDE SKRYFBEHOEFTES AANGEVUL WORD.

           

ALLE ander grade se benodigdhede lyste word saam met hul laaste rapport uitgedeel vir die volgende jaar.

 

NASKOOLSENTRUM

Daar is ‘n naskoolsentrum op die terrein, beskikbaar SLEGS vir Laerskool Witfield se leerders.

Die naskool is oop weeksdae vanaf 13:00 tot 17:30. Die naskool is GESLUIT op naweke en publieke vakansie dae.                              

Gedurende VAKANSIES is die sentrum oop vanaf 07:00 tot 17:30 weeksdae.

Die naskool maak jaarliks oop as die skool begin in Januarie en sluit vir die jaar in Desember as die skool sluit. Ongelukkig is daar GEEN naskool beskikbaar in die Desember vakansie nie, maar u betaal ook nie vir Desember nie.                        

Ons is wel oop gedurende die ander 3 vakansies.

                                  

Alle fooistrukture is beskikbaar by die kantoor en alle gelde word inbetaal by die kantoor.

Snoepie Geld
Omsend Briewe
Inskrywings forms
Oueraande
Padveiligheid
Kosblikke
wagklasse
Partydjies
Huiswerk
haarstyle
besoeke
Speelgronde
Toilette
Betaling
Afwesighede
verandering van adress
skool benodighede
Verskaffers
Wat word verwag
Skoolverlating
skool ure
naskool sentrum
Stoepe
bottom of page